Boek: Rocco de Villiers tokkel met woorde

Rocco de Villiers

Die pianis Rocco de Villiers is ʼn skitterende en uitbundige verskyning op die verhoog. In sy debuutdigbundel Die eiesoortiges hamer hy verrassende klanke uit die vleuelklavier van die taal. Hy kyk skerp, maar altyd met deernis, na homself en sy medemens. Goed beskou, is elke mens uniek – ʼn eiesoortige wese wat ander onverwags kan vermaak en verbyster.

Die eiesoortiges, wat pas by Turksvy Publikasies verskyn het, is ʼn versameling van 60 gedigte wat oor ʼn tydperk van 40 jaar geskryf is. Die gedigte is persoonlik, vermaaklik, komies, diepsinnig en ontroerend.

Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.