Boek: Rooimiere-in-die-broek-idioom-inkleurboek

Saamgestel deur Wendy Maartens

Maak die potlode skerp.

Skiet daai doppies van die merkpenne af.

Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom.

Die tyd het aangebreek.

Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.

Rooimiere-in-die-broek-idioom-inkleurboek is deur Wendy Maartens saamgestel en Linki Brand was die illustreerder.

Genre: Inkleurboek
Ouderdom: Vyf en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R100,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.