Boek: ‘Seuns sonder pa’s’

Julian Jansen

In Suid-Afrika ken meer as 60% van alle kinders nie hul pa nie. Die afwesigheid van ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Julian Jansen, joernalis van Rapport en oudonderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aandag kan kry. Hy bekyk dié kwessie uit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing, geestelikes en lede van die publiek. Jansen verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: Hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie?

Oor die skrywer

Jansen is ’n oudonderwyser. By twee Helderbergse skole het hy ’n positiewe verandering in “stout” leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope tien jaar is hy ’n verslaggewer in Rapport se Kaapstadse kantoor, en was die skrywer van die topverkoper Die De Zalze-moorde.

Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vrijburger ·

Sterkte met die verkope van die boek, ek hoop dit doen goed. Hierdie is een van die wortels van ons huidige sosiale probleme (ook in die wereld).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.