Boek: Snowy en sy maats

Oom Angus se beroemde perd Snowy met sy prettige plaasstories en lewenslesse vir die kleingoed is terug.

Snowy is ’n besondere perd wat elke kind graag wil vertel van die avonture wat hy en al die diere op oom Angus se plaas beleef. Hierdie keer deel hy saam met
sy maats soos Rooies, Betsy, Tiger en Samual waardevolle stories en kinders beleef hoe die plaasdiere elke dag vir Jesus leef terwyl hulle die plaaslewe geniet.

Elke storie is gekomplimenteer met ’n teksvers, gebed en heelwat pret-aktiwiteite soos legkaarte, inkleurprente en vele meer. Die prettige aktiwiteite in die boek dra by tot die interaktiewe en opvoedkundige trefkrag van die boek en die kleurvolle illustrasies sal elke kleintjie se aandag trek en hou.

Hierdie opvolg op die bekende evangelis Angus Buchan se eerste Snowy-boek het 11 splinternuwe en opwindende stories wat die kleingoed veral sal geniet, soos die keer toe lammetjie Mê weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies die haan in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie.

Lewenslesse wat hulle met die boekie kan leer is onder andere hoe gehoorsaamheid altyd die beste is, hoe God elkeen van ons spesiaal gemaak het, hoe belangrik dit is om die regte vriende te kies en hoe belangrik innerlike skoonheid is.

Snowy en sy maats sal ’n waardevolle toevoeging wees in jou kleinding se lewe en boekrak en is ideaal om voor te lees vir kleuters, of vir jong leerders wat al self kan lees.

Oor die outeur:
Angus Buchan is ’n boer en baie bekende skrywer. Maar sy heel belangrikste werk is om mense oor die hele wêreld te vertel dat Jesus ons Verlosser is. Hy en Snowy verskyn elke week op die TV-program Grassroots. Angus is getroud met Jill en hulle het vyf kinders, 11 kleinkinders, nog ’n klompie perde, die honde Bonnie en Benjamin, die katte Tiger en Samuel, en ook beeste.

Uitgewer: CUM Uitgewers
Prys: R129-95
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by CUM Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.