Boek: ‘Speurder Kwaaikofski 14: Afbeen en lang vingers’

Kwaaikofski lê met ʼn gebreekte been in die hospitaal. En boonop besteel ʼn dief almal op die kindervloer. Kwaaikofski begin die saak ondersoek – al is sy been in gips. Hy maak Monty, die seun met wie hy ʼn kamer deel, sy assistent. Monty kan oral rondloop, maar hy kan nie praat nie, want sy kakebeen is gebreek. Hierdie saak gaan ʼn tameletjie wees, maar Kwaaikofski laat hom nie onderkry nie.

Speurder Kwaaikofski 14: Afbeen en lang vingers is deur Jürgen Banscherus geskryf met illustrasies deur Ralf Butschkow. Kobus Geldenhuys het dit in Afrikaans vertaal.

Oor die skrywer

Banscherus is in 1949 gebore en het as ʼn joernalis, uitgewer en onderwyser gewerk voordat hy hom in 1989 as vryskutskrywer gevestig het. Intussen het Banscherus bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Oor die vertaler

Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos JK Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (2014, Protea Boekhuis). Vir dieselfde vertaling is hy op die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young People) se ererol ingesluit. Buiten die ses boeke in Cowell se reeks wat hy onlangs vertaal het, is Geldenhuys ook bekend vir onder andere sy vertalings van die laaste twee boeke van die Harry Potter-reeks van JK Rowling en die Charly Bucket-boeke van Roald Dahl. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (2015, Protea Boekhuis). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R135,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.