Boek: Steinheist

Rob Rose

Steinhoff se inploffing het die JSE en gewone Suid-Afrikaners se pensioene miljarde rande gekos. Skokgolwe wêreldwyd gevoel, en stories van rekenkundige bedrog, die vinnige lewe, renperde, minnaresse en die Stellenbosse mafia was hoofnuus. Die redakteur van Financial Mail, Rob Rose ondersoek Suid-Afrika se grootste korporatiewe skandaal.

Oor die outeur

Die bekroonde joernalis Rob Rose is die redakteur van die Financial Mail. Hy het vir Business Day gewerk en was ʼn ondersoekende joernalis by die Sunday Times asook die redakteur van Business Times. Sy eerste boek was The Grand Scam: How Barry Tannenbaum Conned South Africa’s Business Elite.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die prys by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jepetto ·

Markus Jooste se skoonseun het in SomerSet Wes a baie duur hius gekoop van oor die 10 miljoen Rand .Die huis is plat geslaan om plek te maak vir a nuwe hius .Die erf is nou in die mark vir a vraksie van die koop prys,Dit is wat hulle met ander mense se geld doen Die Joostes weet baie goed hoe om geld te mors . Die Mense behoort oder die selfde kam geskeer te word as BOSASA

Disselboom ·

Die boek al in Desember op uitverkoping gekoop. Interessante leesstof, op ‘n manier vermaaklik, behalwe dat dit mens dan tref hoeveel mense werklik mislei is en dalk skade gely het, terwyl dit omtrent soos die opvolg van die TV-reeks “Triptiek” lees – ongelooflik en op ‘n manier so goed georkestreer dat mens byna die skurke kan bewonder. Rob Rose het wel so paar snedige verwysings na die vorige regeringsbestel waarmee mens nie kan saamstem nie, maar aan die ander kant verskaf die Markus Jooste-soort klippe aan die Afrikaner se vyande om te gooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.