Boek: Swart swaan

Wilken Calitz

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak, ’n ondier met ’n dodelike aptyt. In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir dié gedierte ʼn hok te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom sal help om sy vrou, Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.

Oor die skrywer

Calitz het nadat hy sy meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi het heeltyds gewerk as solis en begeleier. Hy was betrokke by die klankbaan van die rolprente Skoonheid en Die wonderwerker en het die musiek vir verskeie verhoogstukke gekomponeer, insluitend vir Vaselinetjie, Drif en Kristalvlakte. In 2012 het sy radiodrama Veertig dae ’n tweede plek in RSG se radiodramakompetisie verower en sy verhoogstuk 2092: God van klank het die 2013 Woordfees-Uitskieterprys gewen. Hy is ook vir ses Fleur du Cap-teatertoekennings benoem. Sy meestersgraad in kreatiewe skryfwerk het hy aan die Universit­eit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden verwerf. Van sy kortver­hale is reeds in Nuwe stories en Jonk gepubliseer. Swart swaan is sy debuutroman.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Umuzi
Prys: R260,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.