Boek: Tesourus van Afrikaans (heruitgawe)

Leon de Stadler en Amanda de Stadler

Die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee ʼn uitstekende beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse woordeskat en die fyn net van betekenisse wat binne die woordeskat geweef word. Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil kommunikeer, is dit ʼn besondere instrument.

  • Meer as 140 000 inskrywings word in 855 betekenisvelde gerangskik.
  • Verwante woorde en uitdrukkings word in elkeen van hierdie betekenisvelde opgeneem.
  • Ontsluiting van nuanseverskille tussen sinonieme, byna sinonieme en teenoorgesteldes.
  • Oorkoepelende terme en woorde wat betekenisverhoudinge uitwys soos woorde wat verwys na die onderdele van ʼn saak en na die persoon wat ʼn bepaalde handeling uitvoer.
  • Spreekwoorde en ander vaste uitdrukkings wat met bepaalde konsepte verbind word.
  • ʼn Uitgebreide indeks.
  • Handige kruisverwysings en gebruiketikette.

Oor die skrywers

Leon de Stadler het by die Universiteit Stellenbosch studeer waar hy in 1977 sy meestersgraad en in 1983 ʼn DLitt verwerf het. Vanaf 1976 is hy verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands. De Stadler het as junior lektor by die departement aangesluit en is later bevorder tot lektor, senior lektor en medeprofessor. Hy beklee sedert 1993 die pos as professor, met dokumentanalise en -ontwerp as sy spesialisterrein.

Amanda de Stadler het van 1972 tot 1976 aan die Universiteit Stellenbosch studeer en in onderwys vir kinders met leeruitdagings gespesialiseer. De Stadler het in 1981 ʼn vertalersdiploma aan dié universiteit verwerf. Sy het ook vryskutwerk gedoen tot sy in 2002 aangestel is as uitvoerende beampte van die vereniging Vriende van Afrikaans. De Stadler het in 2009 haar MPhil in dokumentontwerp voltooi.

Prys: R520,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.