Boek: Vier eenbedrywe in ‘Staande ovasie’

Herschelle Benjamin, Igna Botha, Veronique Jephtas en Marcel Spaumer

Moderne, eietydse eenbedrywe vir tienertoneel van vier bekroonde, opwindende en opkomende jong dramaturge in ons land wat nog nie voorheen gepubliseer het nie.

Oor die dramaturge

Herschelle Benjamin het die Elizabeth MacLennan‑ internasionale beurs vir teater aan die Universiteit van Edinburg ontvang.

Igna Botha het in 2013 by die ATKV-tienertoneelkompetisie die C.R. Swart-prys gewen vir beste nuutgeskrewe teks vir haar drama Ingeboks. Sy skryf sedert 2016 vir die KykNET-sepie Getroud met Rugby.

Veronique Jephtas se fokus is om Kaaps te bevorder in die teaterbedryf en om te skryf sodat wanneer studente en leerders van kleur ’n monoloog soek om op te voer, hulle nie ver hoef te soek vir stories en taal wat na aan hul hart is nie.

Marcel Spaumer se teks Blaai om is in 2016 vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Hy werk as storieontwikkelaar en assistenthoofskrywer vir die kykNET-sepie Suidooster.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.