Boek: ‘Voetstoots’ – Annelie Botes

Annelie Botes

Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie Botes se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ʼn Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.

Dis lag, huil, kwaad word, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Botes is bedrewe met die rygnaald.

Oor die skrywer

Botes is in 1957 op die plaas Grootfontein in die Kammanassie naby Uniondale gebore. Sy was onder meer ʼn musiekonderwyseres en kerkorreliste. In 1994 begin sy aktief skryf en ʼn jaar later debuteer sy met die roman Trippel Sewe. In 1998 ontvang sy die ATKV-Prosaprys vir haar roman Klawervier.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.