Boek: waarvoor is jy bang?

deur David JeremiahCUM Boek 1

Almal is bang vir iets: mislukking, verwerping, eensaam­­heid, die dood. Die lys is eindeloos. Vrees spook by swakkes en sterkes, jonk en oud, ryk en arm. Dit is die groot gelykmaker.

Sommige vrese val ons vir ’n oomblik aan en verdwyn so skielik as wat hulle gekom het. Ander vrese kan mense vir ’n leeftyd bybly en uitein­delik hulle lewens oorneem.

Dr. David Jeremiah kyk in Waarvoor is jy bang? na nege dinge wat deur die meeste mense gevrees word. Hierdie vrese verteen­woordig op een of ander manier byna enige vrees wat ’n mens terughou in die lewe. Hy ondersoek ook een “gesonde vrees”, naamlik ontsag vir God, want hierin lê die oplossing vir al die ander vrese.

Waarvoor is jy bang? moedig elkeen aan om vrees­loos te leef en die lewe te hê wat God vir hulle bedoel het.

Oor die Outeur: 
David Jeremiah is die stigter van Turning Point Radio and Television Ministries en senior leraar van Shadow Mountain Community Church. Hy het aan die Cedarville College en die Dallas Theological Seminary studeer. David is getroud met Donna en hulle het vier kinders.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169-95*
* Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.