Boek:  Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet

 Wanneer-seerkry-en-God-se-koningkryk-ontmoet_boek.jpgRiekert Botha en Albert Theron

Besef mense dat die gemeenskap van gelowiges God se skepping is en nie deur mense uitgedink is nie?

Riekert Botha en Albert Theron daag lesers in Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet uit om eers te vergeet wat hulle “weet” van gemeentes. Gaan terug na die kern van die saak en ontdek hoekom God gemeentes geskep het. Besef dat dit sy eiendom is en ook die draers van sy lig en waarheid in die gemeenskap. Dan sal lesers weer opnuut die vreugde en genesing in die saamwees met gelowiges ontdek wat hulle sal help om te groei en te ontwikkel in Christus – die Een waarop hulle fokus moet wees.

Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet se praktiese aanslag sal gelowiges veilig laat voel in die geborgenheid van die eenheid wat God daargestel het.

Oor die outeurs:

Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

Albert Theron se bediening het 25 jaar gelede momentum verkry vanuit ’n sendingskool in Nelspruit. Hy was al in verskeie hoedanighede betrokke, van gemeenteplanter tot musiekleier en die hele spektrum tussenin. Hy bedien tans die Goudini-gemeente in Christus. Albert is oor die hele land betrokke by bedieningsgeleenthede en is ook mede-administrateur van die blad In Jesus se voetspore. Hy bestuur ook sy eie webblad, blog en dagstukkies wat weekliks elektronies uitgestuur word.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.