Boek: ‘Welkom by die museum – Anatomicum’

Jennifer Z. Paxton

In Anatomicum word die werking van die menslike liggaam in die fynste besonderhede verduidelik. Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys? Hoe groei ’n mens uit een enkele sel? Wanneer jy deur hierdie museum in drukvorm blaai, sal jy die wonders van die menslike liggaam in al sy glorie te ontdek.

Anatomicum is die vierde titel in die gewilde Welkom by die museum-reeks en volg op Botanicum, Dinosourium en Planetarium. Dit is geskik vir kinders tussen nege en 14 jaar.

Oor die skrywer

Jennifer Z. Paxton is ’n dosent in anatomie aan die Universiteit van Edinburgh en gee klas vir mediese en wetenskapstudente. Paxton is ook hoofondersoeker by die Paxton Lab, ’n weefselingenieurswese-laboratorium wat toegespits is op die ontwikkeling van nuwe weefsels van die spier-skelet-stelsel vir inplanting ná ’n besering of siekte.

Oor die illustreerder en vertaler

Katy Wiedemann is ’n illustreerder en tatoeëerkunstenaar. Wiedemann se werk is ’n verkenning van wetenskaplike illustrasiekuns, veral van die menslike en dierlike anatomie, en is geïnspireer deur die groot anatomiese illustreerders van ouds.

Die boek is deur Esta Grobler vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R450,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.