Boek: Wendy Maartens se sigwoordboek vir jong lesers

Wendy Maartens 

Ek lees self: Sigwoordboek bevat drie sigwoordboekies wat gegrond is op ses boeke uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks.

In die sigwoordboekies het Maartens die wenresep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergepen. Die resep is eenvoudig en sonder fieterjasies.

Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir ouers tuis en onderwysers in die klas te dien.

Oor die skrywer

Maartens het op Worcester grootgeword, waarna sy op George skool gegaan en matriek behaal het. Sy woon tans op Melkbosstrand.

Maartens is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak. Sy is die skrywer en samesteller van boeke soos Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, Vertel vir my ’n storie, Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories, Towertapyt, Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, Halala Job Maseko en die Vaandeldraer-reeks.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R100,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.