Boek: Wit terroriste

Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners.

Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte?

Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940’s naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe.

In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd oop. Hy vertel die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger Steve Hofmeyr se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier Johannes van der Walt.

Wit terroriste bied ’n fassinerende blik op ’n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.

Oor die outeur:
Albert Blake is die skrywer van die topverkoper, Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog wat ook in ’n rolprent, Verraaiers, omskep is. Hy ontvang in 2014 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstraprys vir niefiksie vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer. Blake het vier ander boeke op sy kerfstok.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Niek ·

Wat vir sommige mense terroriste is, is vir ander mense vryheidsvegters.
Om terreur te gebruik om politieke gewin daar uit te probeer maak is uit die aard van die saak verkeerd.

Piet Snot ·

As kind het ek in die grootste vertroue verneem my oupa was lid vd OB.
My ma het nie besef dit sou tot vandag toe ‘n groot bron van trots vir my wees nie.

Jan ·

Kom ons praat eerder oor die britae rerroriste wat suid afrika ingeval het en terreur in die konsentrasiekampe gesaai het..

Anti(e) Sap ·

Weet nie of dit kwalifiseer as ‘n terroris nie, maar my oumagrootjie het ‘n SAP mannetjie ‘n behoorlike opstopper gegee op ‘n politieke vergadering.

Haan ·

As ek storm volg my
As ek omdraai skiet my
As ek val wreek my
My God my volk my land Suid-Afrika

AW ·

“Naturally, the common people don’t want war,
Neither in Russia, nor in England, nor in America, nor for that matter in Germany,
That is understood.
The people can always be brought to the bidding of the leaders; that is easy.
All you have to do,
Is tell them, they are being attacked and Denounce the Pacifists for lack of Patriotism and Exposing the Country to Danger.
It works the same way in any country.”
– Hermann Goering, at the Nuremberg Trails – 1946

Leon ·

Kom ons bring hulde aan die wie geveg het, en nog steeds veg, vir behoud van die Afrikaner en Afrikaans.

Willem ·

Kom ons lees weer die titel van die boek, dan vra ek, en wat van die wit terroriste uitgesluit van die ossewabrandwag jare? Of was daar net wit terroriste in daardie tydperk en daarna. Maar kom ons neem dit verder …. wat van ‘n ander kleur terroris?

rassie ·

As mens nie die outeur op die feite wat hy aanbied met ander feite verkeerd kan bewys nie, is alles waar wat hy skryf todat die teendeel bewys is.

Dit is dus ‘n baie insiggewende blokkie in die groter legkaart van die ware Afrikaner geskiedenis wat ongelukkig tydens die heerskappy van die Afrikaner ernstig verdraai, verswyg, ingekleur en gemanipuleer is. Hulle het maar net soos enige ander oorheerser oor die geskiedenis heen die geskiedenis geskryf soos dit hulle gepas het.

Dit is dus moontlik ontstellend om te verneem dat Afrikaners ook terroriste was wat hulle in dieselfde kategorie as ander terroriste bevind.

Maar as dit so is dan is dit so. En indien mens wil stry moet dit op feite gebaseer wees en nie op emosie nie. Ongelukkig was die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing vir die grootste deel van Afrikaner heerskappy op emosie gegrond ten einde die Afrikaner nasionalisme te verterk en almal in iets te laat glo wat die Afrikanerleiers in sowel staat as Afrikanerkerk later self afgeskied het en die gewone mens in ‘n vakuum laat oor wat werklik waar of nie waar was nie.

Die ware Afrikaner geskiedenis moet nog geskryf word. Hopelik sal een of ander kundige dit eendag doen.

Moontlik is dit ontstellend om te verneem dat daar ook Afrikaner terroriste was. As dit so was dan is dit so.

Paul ·

Wat jy dus sê dat my voorouers wat Hugenote voortrekkers in 1600 was wat ek bewyse van het en toe twee jaar na JvR hier geland het, later in terroriste ontaard het. Dit was nie vir hulle nodig om in terroriste te ontaard nie, lees die geskiedenis. Die mense van Europa het welvaart gebring. Die boorlinge wat met lendene gekleed was, het met die tyd ook voordeel getrek, tekstiel en baie ander goed het nogal n verskil gemaak.

rassie ·

Paul,
Ek neem aan jy verwys na Pieter Visagie wat in 1655 Kaap toe gekom het. Was ook een van my voorouers.

Ten tye van die bestaan van die OB was hy reeds ongeveer 300 jaar oorlede. Hyself het nie ontaard nie. Sommiges van sy nageslagte wat drie eeue later onder totaal verskillende omstandighede geleef het, was egter wel moontlik by die OB se aksies betrokke. Hierdie aksies was hoofsaaklik gerig teen mense van Europa, -die Engelse – en het dit hoofsaaklik oor politiek gegaan. Niks te make gehad met klere of enige ander tasbare kultuurgoedere uit Europa wat daar uitgevind en ontwikkel is en bloot deur die Afrikaners as nuttige gebruiksartikels oorgeneem is nie.

Jack Klok ·

‘n Mens kan nie in isolasie na die opkoms van die OB kyk nie.

Die OB was in reaksie op die blatante Britse bevoordeling deur eerstens onder die Gen Louis Botha bewind, waar Suid-Afrika teen Afrikaners se wil in ‘n Britse oorlog ingetrek is en wat tragiese uiteinde gehad het dat Boer teen Boer te staan gekom het, en tweedens die optrede van Gen Jan Smuts tydens die mynwerkerstaking in 1922, waar weereens Britse belange vor Suid-Afrikaanse belange gestel is.

Suid-Afrika se gedwonge toetrede in die tweede wereld oorlog was die finale strooi. Weereens het gen JG Smuts Britse belange voor Suid-Afrikaanse belange gestel. Dit het hy reggekry deur normale parlementere proessese te omseil. In die lig van die 1914 opstand va Afrikaners teen Britise oorloë, die gebruik van die SA Weermag teen stakers en toe die gewillige toetrede deur die VP tot WO2, wat kon die anglofane anders verwag as gewapende opstand. Afrikaners wat onbetrokke wou bly is uitgeskel vir Nazis.

In elk geval, na WO2 was daar nie veel van die eertydse Britse wereld ryk oor nie en die VP van Smuts het ook ‘n stille dood gesterf.

Britse betrokkenheid in Suider-Afrika het baie ellende vir baie mense veroorsaak. Onthou net, niemand kan ‘n “empire” bou deur “nice” te wees teenoor die “natives” nie.

Paul ·

Rassie, nee jy slaan die bal heel mis en dan weet ek nie hoe jy by jou antwoord uitkom nie. Terloops my van Cloete.

rassie ·

Paul,

Dankie vir die antwoord. Ongelukkig het jy nie aanvanklik gemeld dat dit Cloete is waarna jy verwys het nie. As dit dan die eerste Cloete is waarna jy verwys het was dit Jacob Cloete wat in 1657 Kaap toe gekom het vanaf Duitsland. Hy het geen Hugenote voorouers gehad nie. Dieselfde geld in elk geval ook vir sy nageslagte wat drie eeue na hom geleef het as vir die van die eerste Visagie.

Stefaans ·

My pa was ‘n O.B. Die bestaan van die organisasie is nêrens genoem nie aangesien S.A. eintlik maar net ‘n Britse kolonie was. Dit sou nie polities korrek wees vir kinders om hierdie deel van ons geskiedenis te leer nie. Ek vrees die dag wanneer ons Boerenasie niks meer het om te verloor nie.

Hoc est bellum ·

Die Franse se weerstandbeweging het dit ook in die Tweede Wêreldoorlog gedoen. Vir jou vryheid sal jy moet veg. Dit gaan nie op ‘n skinkbord vir jou gegee word nie. In ‘n gewapende konflik is daar nie reëls nie, net vuil taktiek. (Atoombomme op Hiroshima en Nagasaki.) Die beste militêre skaakspeler sal wen. Die Geneefse Konvensie is net die papier werd waarop dit geskryf is. As mens in ‘n hoek gedruk word, veg jy met dit wat jy het, al is dit dalk net jou vuiste of vingernaels. Ek sal graag die boek wil lees. Ek hoop dit bevat inligting oor die aflegging van die “Rooi Eed” (onseker oor korrekte benaming) i.v.m. diegene wat geweier het om vir die Britse vlag te gaan veg en dié wat wel gaan veg het om ‘n einde aan die Duitse oorheersing te maak. History = His Story, elke geskiedkundige skrywer beskryf dit maar soos hy of sy dit vertolk. Jissie hierdie vasteland is nie vir sissies, bangbroeke of lafaards nie! Respek aan diegene wat standpunt inneem, daarby hou en nie draadsitters is nie.

Peet J ·

Is dit nou werklik nodig om na soveel jare verhale van ons Afrikaners bekend te maak of kom dit maar eintlik net neer op ‘n swartsmeerdery. Volgens my opinie dien dit geen doel nie en kan net rassehaat tussen swart en wit aanmoedig. Al kan ek hierdie boek gratis bekom stel ek nie belang om dit te lees nie .

Hans ·

Sal graag n baie omvattende boek oor huidige regering se lede se optrede binne en buitelands en regsoptrede teen hulle ook wil lees.

Marius ·

Die resensie laat my lag. My oorlede pa, ‘n boorling van die Kalahari het na skool die geleentheid gehad om te gaan studeer het by die destydse Johannesburgse Kamer van Mynwese se opleidingsskool. Hy en my oorlede ma het in vandag se Meadowlands waar Soweto tans gelee is gewoon, Ja daar het blankes gewoon. Tydens die aanloop na WW2 was daar destyds baie wrywing tussen die latere “Nattes” en “Sappe” en het selfs familie-lede teen mekaar laat kom. My een oorlede oom wat in Hartswater gebly het, was ‘n Rooi Lissie”, dws hy was deel van die Suid-Afrikaanse magte wat eers Abyssinie[Ethiopie] en later Libie ontset het van eers Mussolini se magte en later Rommel. Hy en my pa het egter die strydbyl begrawe en as familie saamgeleef vir baie jare daarna. Ossewa Brandwag lede was geensins “terroriste” nie, dit is verregaande. Hoekom lede aangesluit het by die Ossewa Brandwag was in protes oor Engeland se optrede teenoor weerlose vroue en kinders in konsentrasiekampe. Slegs Leibbrandt was ‘n ware Nazi, en baie beslis nie 99% van die destydse lede nie. As ek die resensie so vinnig lees en opsom, is daar venynighede te bespeur teenoor Afrikaners wat nie agter Engeland aangeloop het nie. Ek woon en werk in Australie vir die laaste 18jaar al en selfs geleerde Australiers met wie ek ten minste eenkeer per maand in aanraking is, skud hul kop vandag oor die British Empire van destyds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.