Boekvoorlesing: Die groot dors

Sien, dorp toe kon dit nog gaan, maar Soois en Frans het nie net die grootjie se naam, Francois, gekry nie.  Ook sy dorstigheid.  ʼn Dors wat net by Die Oog geles kon word.

Oor die verteller

Johny Klein is ʼn gewilde verhoog- en radio-akteur in die Afrikaanse vermaakbedryf.  Hy is veral bekend vir sy voorlesing van Ferdinand Deist se Sandveldstories op RSG en sy rol as Ricky October in die radiovervolgverhaal Plattelanders.  Klein was ook in 2019 die aanbieder van Maroela Media se Aardklop-produksie, Kontreistories.

***

Hiermee ʼn uittreksel uit die kortverhaal “Die groot dors” deur Fesia Engelbrecht wat in Spekskieters verskyn. 

“Ou Josie, jy praat nou so van heuningbier – het ek jou al vertel van ou Poon se dors?”  Oom Gert stoot sy koffiebeker terug en skuif reg.

Oom Gert Bonjwa is die storieverteller van die Libertas-koor en toe die koor Lutzville onlangs besoek het, het hy die dae en aande so tussen die singery deur laat verbyvlieg.

“Twee oujongkêrel-broers, Soois en Frans, het op die erfplaas, Nietverloren, ʼn bestaan probeer maak.  So het hulle darem elke Saterdag met die eenperdekarretjie dorp toe gery vir negosiegoed.  Ou Poon het later genadebrood begin vreet en hulle het al dikwels gedink aan ʼn genadeskoot – maar dan weer daarteen besluit.

“Die jong perd het intussen ook mooi geleer.  Hy kon die pad dorp toe en terug toe-oë drafstap.  Sien, dorp toe kon dit nog gaan, maar Soois en Frans het nie net die grootjie se naam, Francois, gekry nie.  Ook sy dorstigheid.  ʼn Dors wat net by Die Oog geles kon word.”

***

Spekskiet is deur Dineke Volschenk saamgestel en in 2008 deur Lapa Uitgewers uitgegee.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing van “Die groot dors” deur Johny Klein. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.