Jaco Jacobs
Olifant kan nie sy ma kry nie, en skielik word die bos ‘n vreesaanjaende plek vol spokerige geluide en donker vorms. Maar dan ontmoet hy ‘n verlore luiperd. Hoe gaan twee bang maats die pad huis toe kry?
‘n Storie oor bang wees.
Die reeks:
1. Die tier wat kwaad was
2. Die olifant wat bang was
3. Die seekoei wat gelukkig was
4. Die sebra wat hartseer was
5. Die leeu wat skaam was
Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R30-00*
*Prys onderhewig aan verandering