‘Die pad na selfbestuur’: Konsentrasie in ankerdorpe en kulturele kantons

flip-buys-2017-11-02-featured

Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: René Roux.

“Dit is duidelik dat lande en volke se bestaansvraagstukke ’n groot rol in hul optrede, opkoms en val speel. Die kern van die saak is dat Afrikaners uit die lesse van die geskiedenis sal moet leer om volhoubaar te kan voortbestaan.”

Só lui Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, die 17de hoofstuk van sy boek Die pad na selfbestuur in.

In dié hoofstuk begin Buys die werklikhede uitpak wat hedendaagse Afrikaners in die gesig staar. Tot op hierdie punt in sy insiggewende boek het hy al telkens na die bestaansvraagstuk van die Afrikaner verwys. Buys het ook in verskeie hoofstukke genoem dat dié gemeenskap se yl verspreiding en klein konsentrasie oor die hele land die rede vir Afrikaners se gevoel van vervreemding en onderdrukking is.

Buys begin nou om op ’n pragmatiese wyse die redes uiteen te sit hoekom allerlei uitdagings en onderdrukking wat Afrikaners tans ervaar, toegeskryf kan word aan dié bestaansvraagstuk.

(Grafika: Verskaf)

“Die bestaansprobleem is dus nie dat die Afrikaner minder word nie, maar dat dié gemeenskap kleiner word – ’n kleiner deel van ’n groter groeiende bevolking. Daarom is die Afrikaner nou al eeue lank ’n kwesbare minderheid tussen ’n groter meerderheid.”

Buys bespreek egter nie net die uitdagings in dié hoofstuk nie, maar begin ook die praktiese oplossings ontrafel om dié bestaansvraagstuk die hoof te bied.

Hy besin onder meer oor waar Afrikaners woon, waarheen hulle op pad is en hoe om kapitaalvloei vir dié Afrikanergemeenskap te verseker.

Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van die hoofstuk.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.