Vier verdagtes is in verband met geweld in die taxibedryf in Gauteng in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Vrydag 2 Julie 2021
Zuma bring dringende aansoek in hooggeregshof
Intussen word video’s en foto’s op sosiale media versprei wat wys hoe honderde Zuma-ondersteuners buite sy Nkandla-woning saamkom.
Tiener sterk aan ná motorfietsongeluk; ma jubel
Deacon du Plessis, ’n gr. 11-leerder aan Hoër Tegniese Skool Witbank, was die afgelope naweek in ’n ernstige motorfietsongeluk.
Departement ‘diep ontsteld’ oor duisende onnies wat inentings weier
Meer as 9 000 Gautengse onderwysers en onderwyspersoneel weier glo om teen Covid-19 ingeënt te word.
DA berispe Zille oor apartheidswette-siening
Die DA het die voorsitter van sy federale dagbestuur, Helen Zille, daaraan skuldig bevind dat sy die party se handelsmerk- en kommunikasiegids oortree het.
Splinternuwe vullistrokke staan sonder brandstof
ʼn Tekort aan brandstof vir vullisverwyderingtrokke in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is glo die rede waarom inwoners se vullis steeds net een keer per maand verwyder kan word.
ToekomsVenster: Genadewens aan die kinders van die Here
Wanneer uitdagings kom waarvoor daar oënskynlik nie uitkoms kom nie, is God se genade steeds die bron van krag van waaruit ons leef.
Huldeblyke stroom in vir Yoti, die Griekse Boertjie
“ʼn Dierbare mens en ʼn ware gentleman wat altyd net vriendelik was.” Dit is hoe bekendes vir Yoti Loizos, of te wel Yoti, die Griekse Boertjie onthou.
Vervolging van Christene in Indië styg skerp
Geopende Deure hou eerskomende Sondagaand, 4 Julie van 18:00 tot 19:00 ‘n spesiale aanlyn gebedsbyeenkoms vir die vervolgde kerk in Indië.
Zondo nou waarnemende hoofregter
Regter Sisi Khampepe was effektief van 1 Mei tot 30 Junie as waarnemende adjunkhoofregter aangestel.
Regering gebruik ‘uitsteltegnieke’ om grond in KZN te behou
Gemeenskappe in die Melmoth-omgewing probeer sedert 1995 om volle titelregte vir hul grond van die regering te kry.
Lucinda vind identiteit met solodebuut
“Almal kry seer en almal sukkel en almal steek dinge weg en almal hoop en droom. Ek het al die seer en deurmekaar dinge uitgeskryf.”
Comair skort vlugte tydelik op
Vlugte sal van 5 Julie tot 30 Julie opgeskort word.
ʼn Bekostigbare bus
Daar is geen voertuig wat só perfek vir ʼn groot gesin werk soos ʼn bus nie. En as jy tweedehands koop is dit heelwat goedkoper.
Covid-19: Verhoed só ‘vloedgolf’ virusgevalle
“Daar is baie op die spel en as ons nie nou optree nie, kan ons in die komende weke deur ʼn vloedgolf van infeksies in die gesig gestaar word,” sê ’n kenner te midde van infeksies aangebring deur die nuwe Delta-variant.
VSA: Magsgreep van Demokrate eers gestuit
Die Demokratiese Party in die VSA beheer tans alle sentrums van mag: die presidentsamp, die Huis van Verteenwoordigers en (naelskraap) ook die Senaat.
Nuuskommentaar: Is Suid-Afrika soms soos ʼn oorlogsone?
Die internasionale mynboureus Rio Tinto het die afgelope week sy aktiwiteite aan Richardsbaai onttrek ná die verklaring van ʼn force majeure. Rio Tinto het tot hierdie stap oorgegaan nadat die maatskappy weens sekuriteitsredes nie meer sy aktiwiteite in die omgewing kon voortsit nie – minstens nie totdat die veiligheidsituasie verbeter nie.
Kerkleiers veroordeel opskort van dienste
“Geen individu het die reg om ʼn kerk te sluit nie. Die kerk behoort aan God.”
Besering sorg dat Jordy aan Spele onttrek
“Dit is egter die enigste manier om te verseker dat ek ’n lang loopbaan as ’n professionele branderplankryer geniet en om my uiteindelike doelwit te bereik – om die World Surf League-kampioenskap te wen.”
Luister: Moody’s kap Tshwane-metro raad; NGV met regstappe beveg
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” praat Daniel du Plessis van Sakeliga oor Solidariteit se planne om regstappe teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te neem. Tshwane-metro se kredietgradering is skerp afgegradeer en kommer heers oor die verskerpte inperkingsmaatreëls se invloed op sakeondernemings.