O ja, hy is ook die oudste speler in 46 jaar om na die derde ronde van die toernooi te vorder.
Alles vir Vrydag 2 Julie 2021
Een vas ná mislukte transitorooftog in Mei
Die verdagte is glo verbonde aan ʼn bende wat op ʼn transitovoertuig op die R40 tussen Nelspruit en Barberton toegeslaan het.
Kommer oor polisiëring in landelike gebiede tydens strenger inperking
Dít te midde van ’n beduidende toename in veediefstal in veral die Noord-Vrystaat en verhoogde misdaadaktiwiteit by die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho.
Hollywood: ‘Smallville’-aktrise tronk toe vir mensehandel; Rusland maak ook fliek in ruimte
Mack het besonderhede aan ondersoekers verskaf oor hoe Raniere, ʼn “selfhelp-ghoeroe”, sy vrouewerknemers om die bos gelei het om ander vroue te werf en hulle te forseer om met hom seks te hê.
Net De Kock kook tans met kolf
Oudergewoonte het Lungi Ngidi (0/48) met die bal gesukkel; Kieron Pollard het 18 lopies van sy laaste beurt geslaan om die Windies tot ’n goeie telling van 167/6 te lig.
Handwerk: Hekel ’n blommemus
Hekel dié maklike mus met blommotiewe en bly mooi warm dié winter.
Donnalee en Ivan: ‘Daar is geen beperking op omgee nie’
Ivan sê die resies het ʼn tasbare energie gehad toe 25 000 mense voor die pandemie by SuperSport Park in Centurion bymekaar kon kom. Dié polsende energie het egter glad nie verlore geraak sedert die resies virtueel aangebied word nie.
‘Die pad na selfbestuur’: Konsentrasie in ankerdorpe en kulturele kantons
Buys bespreek egter nie net die uitdagings in dié hoofstuk nie, maar begin ook die praktiese oplossings ontrafel om dié bestaansvraagstuk die hoof te bied.
Meer as 1 000 jaar tronkstraf ná petrolbom in bus
’n Petrolbom is in 2018 in ’n bus vol mynwerkers gegooi.
Trump se organisasie van taksbedrog verkla
Die Trump-organisasie en sy finansiële hoof word deur 15 aanklagte, waaronder belastingbedrog en die vervalsing van sakerekords, in die gesig gestaar.
Covid-19-statistieke: Meer as 21 500 nuwe gevalle
Meer as 13 000 Covid-19-pasiënte word tans in ’n hospitaal in Suid-Afrika behandel.
Gedagte vir die dag: Ooreenstemming
Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen? (Amos 3:3)