Francois Bloemhof
Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie, want noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie, en as dit eers jou naam het . . . Iemand is reeds onverklaarbaar dood, en Wouter en sy vriend Koekoes moet vinnig dink aan ’n uitkomkans, anders is dit neusie verby – nie net vir hulle twee nie, maar vir almal wat hierby ingesleep is. ’n Lekker vinnig-bewegende storie vir jong lesers met ’n spanningvolle einde. Ideaal vir trae lesers wat nie vir lang boeke kans sien nie.
Oor die outeur
Francois Bloemhof is die skrywer van meer as 50 boeke, waarvoor hy al verskeie pryse gewen het (De Kat-debuutprys, ATKV-Veertjies, die Sanlam-Prys vir Jeuglektuur en die FNB/Kagiso-jeugromanprys. Hy was ook al ’n finalis vir onder meer die Sanlam/Insig-, M-Net-, CNA- en ATKV-romanpryse). Hy is ook bekend vir sy verhoog- en radiowerk en skryf gereeld vir tydskrifte en koerante. Hy hou van rekenaars. Hy het vier katte, maar nie een van hulle is swart nie. Hy’s verslaaf aan sjokolade en droom in kleur. François woon in Durbanville, Kaapstad.
Uitgewer: : Human & Rousseau
Prys: R84,95*
* Prys onderhewig aan verandering