Esté Geldenhuys lees voor uit ‘Laat u Naam geheilig word’

In Laat u Naam geheilig word ondersoek bekende radio-omroeper Esté Geldenhuys 24 van God se name. Dit het in 2019 by Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn.

Geldenhuys sê dit is onmoontlik om God te verstaan en dat die mens slegs klein glimpies van sy karakter kan kry. Een manier om Hom beter te leer ken is om sy name te bestudeer.

Daarom het sy breedvoerige navorsing oor God se verskillende name gedoen en die belangrikste daarvan in Laat u Naam geheilig word bespreek: Van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in die Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit in ʼn gebed te gebruik.

Geldenhuys verruil die klankateljee vir God se natuurlike ateljee. Luister saam hoe die voëls kwetter, terwyl Geldenhuys in haar tuin sit en voorlees uit Laat u Naam geheilig word. Haar fokus is op die naam El, wat “die Almagtige” of “sterk een” beteken.

Esté Geldenhuys (Foto: nb.co.za)

Oor die skrywer

Geldenhuys is ’n bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar uitsaaier op Radio Kansel en het ook verskeie tydgleuwe op die televisiekanaal Kruiskyk. Sy lei gereeld toere na Israel. Haar eerste twee boeke by Lux Verbi, Vroue van die Bybel en Vroue van die Bybel 2, was baie suksesvol. Esté bly in Pretoria.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit Laat u Naam geheilig word deur Esté Geldenhuys. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Prys: R270,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daniel Jordaan ·

Soos verwoord in Deut 6:4 , Mark 12:28-34, en baie ander Skrifte in die Bybel…drie in een soos genoem by Elohim is nie Skrif nie…dit is ‘n blatante leuen…
Daar is net EEN God en Hy is onsienlik Joh 1:18, 1 Joh 4:12, 1 Tim 1:17, Joh 17:3, ens, en God is Gees Joh 4:12
Hy is ‘n verterende vuur Deut 4:24, Deut 9:3, Heb 12:29
Sien ook Skrif soos 1 Tim 2:5, Ef 1:3, 17, Ef 4:6….

Sodra die Een God weer deur die kerk aanbid word in Gees en Waarheid, sal alles EEN word….
EEN Kerk
EEN geloof…nie meer 43000 plus denominasies nie
EEN evangelie van die herstel van die Beeld van God in die aarde…
EEN nuwe mens in Christus Jesus (Efp 2)
EEN aangestelde op die troon van Dawid Jer 33:21
EEN nuwe verbond Heb 8
EEN Koninkryk van priesters en konings – sien Ex 19:3-6
EEN nuwe hemel en nuwe aarde….

TYD VIR EEN WAARHEID.

Tyd dat die kerk Gees/Christus georienteerd begin dink en glo en nie meer vlees georienteerdnie…
Die aarde sal gevul word met God se heerlikheid Num 14:21; Hab 2:14,,ens

Derek ·

Ek stem saam met Este, dit is belangrik dat ons God aanbid volgend Sy naam. Die Woord leer ons dat Hy ons by ons naam geroep het. In Openbaring 2 en 3 se Christus dat ons Hy ons Sy nuwe naam sal gee. Ek verskil van die kommentaar van Daniel en sal voorstel dat hy Matheus 16 mooi gaan lees en verstaan. Die verwarring het juis deur die kerk of godsdiens ontstaan en dit het die krag van die evangelie laat tuimel, die brullende leeu!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.