‘Ken Jou Storie’-kinderboekskryfkompetisie: Hier is die wenners!

Ken Jou Storie_01.jpg

Foto: Verskaf

[Promosie]

As daar een geskenk is wat jy ʼn kind kan gee, is dit ʼn liefde vir boeke.

Die “Ken jou storie”‑kinderboekskryfkompetisie is nie net nog ’n kompetisie nie; dit is ook ʼn geleentheid vir aspirantskrywers om by te dra tot ʼn skatkis van woorde wat met kinders gedeel kan word.

Na die groot sukses van die vorige kompetisie, is die kompetisie verlede jaar weer deur Aros en Pretoria FM aangebied.  Daar was drie kategorieë (4 tot 6 jaar, 7 tot 9 jaar en 10 tot 12 jaar) waarin aspirant-kinderboekskrywers kon kreatief raak en die geleentheid kon kry om gepubliseer te word.

 Estel Terblanche van Pretoria FM, Ruan Smith, Nadine van Rooyen,_Marlize Rossouw (FOntei....jpg

Estel Terblanche, Ruan Smith, Nadine van Rooyen, Marlize Rossouw van Fontein Uitgewers en Prof Rikus Fick van Aros (foto verskaf)

Altesaam 300 inskrywings is ontvang.  Na ure en ure se lees, het die beoordelaars uiteindelik hul keuses gemaak en is die drie wenboeke tydens ʼn spoggeleentheid by Vovo Telo, Loftus Park, in Pretoria aangekondig.  Die wenners het dus behoorlik die kans gehad om met hulle kreatiwiteit te spog.

Die opwinding was groot toe Nadine van Rooyen as wenner van die 4 tot 6 jaar‑kategorie met haar boek Leonard se groot gril aangewys is.  Madeleen Theron was die wenner van die 7 tot 9 jaar‑kategorie met haar boek Blitsvinnige Rosie.  Marié Jordaan se boek Sas en die renosterdiewe het gesorg dat sy as die wenner van die 10 tot 12 jaar‑kategorie aangewys is.

Die grafiese kunstenaars het ook erkenning vir die illustrasie van die wenboeke ontvang.  Ruan Smith het Leonard se groot gril geïllustreer, terwyl Alex van Houwelingen gesorg het vir Blitsvinnige Rosie en Sas en die renosterdiewe se illustrasies.

Die boeke is beskikbaar by Fontein Uitgewery sowel as Boekenhout Boekwinkel in Waverley, Pretoria, of stuur ʼn e-pos aan [email protected] vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.