Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag: ONSKAROO

ONSKAROO in Die Koöperasie

Vier hierdie jaar Koop-ʼn-Afrikaanse-boekdag met ʼn baie spesiale boek uit die Koöperasie, ONSKAROO.

Die ONSKAROOboek is geskryf en saamgestel deur die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers.

“Ons hoop lesers sal die Karoo-sterrenag met behulp van ons boek verken, meer van die landstreek te wete kom, die mense ontmoet om hul gasvryheid te ervaar en – les bes – ʼn lekker Karoo-dis voorberei,” sê Coenie.

ONSKAROO word spesiaal verpak in ʼn eksklusiewe toedraaipapier met aanhalings van beide Coenie en Deon. Jy kan hierdie spesiale aanbod slegs in die Koöperasie kry.

ONSKAROO in Die Koöperasie

Die boek bevat die volgende hoogtepunte:

  • Deon Meyer se 14 Karoo-verhale uit albei vertonings.
  • Wêreldgehalte-fotografie deur Sarel van Staden en Maryna Cotton, die fotograwe wat onder meer die voorblad vir die internasionale uitgawe van National Geographic geneem het.
  • ʼn Hoofstuk deur sterrekundige prof. Matie Hoffman, onder meer bekend vir die program Sterre en Planete.
  • Johann Kirsten en prof. Bruce Rubidge, gevierde paleontoloog, gee insette oor die oergeskiedenis, potensiaal en ekostelsel van die Karoo.
  • Medewerkers se gunsteling-Karoo-resepte, van lamsvleis en volstruis, tot keurige bykosse en ʼn melktert- en boerbeskuitresep so outentiek soos die vlaktes.
  • ʼn Bonus-bydrae deur Jan Hendrik van der Westhuizen, die gesogte internasionale uithalerkok wat spog met ʼn Michelin-ster. Hy deel sy resepte vir skaapstertjies en mieliepapvingers.

Kry nou jou ONSKAROO boek vir slegs R420 op die Koöperasie. Klik hier om jou boek te koop.

ONSKAROO in Die Koöperasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.