Video: Leon van Nierop gesels oor ‘Moord op Lake Panic’

ʼn Handvol sjefs by ʼn meesterklas in die boendoes. ʼn Vrou se lyk in die meer. ʼn Privaat speurder wat moet vra: Wie het sy mes in vir wie?

Lake Panic is die perfekte plek vir ʼn verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ʼn Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ʼn man met ʼn verlede. Beer het sy hande vol met:

  • Sophia da Silva, ʼn eks-sepiester wat ʼn comeback met haar eie kaal kookboek beplan,
  • Otto en Lily Clement, ʼn hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red,
  • Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen,
  • Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en
  • Alex Fabius, YouTuber en snuiter van formaat.

Wie het ʼn moord opgedis? En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?

Leon van Nierop, die skrywer van meer as 20 romans, is ʼn produktiewe Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis, aanbieder, akteur en filmkritikus wat veral bekend is vir die skep en skryf van talle radio- en televisiereekse, waaronder Ballade vir ʼn Enkeling, Stralejakkers en Ratels.

Moord op Lake Panic het pas by Penguin Random House verskyn en dit kos R290 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Phyllis Green het met Leon van Nierop oor sy spanningsverhaal gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET LEON VAN NIEROP

Moord op Lake Panic – Leon van Nierop in gesprek met Phylis Green'n Who-dunnit wat naelbytspanning belowe. 'n Handvol sjefs by 'n meesterklas in die boendoes. 'n Vrou se lyk in die meer. 'n Privaat speurder wat moet sê: Wie het sy mes in vir wie? Lake Panic is die perfekte plek vir 'n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. 'n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, 'n man met 'n verlede. Beer het sy hande vol met: Sophia da Silva, 'n eks-sepiester wat 'n comeback met haar eie kaal kookboek beplan, Otto en Lily Clement, 'n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red, Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen, Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat. Wie het 'n moord opgedis? En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?https://www.graffitiboeke.co.za/af/378628/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Thursday, September 2, 2021

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.