Video: Morné Malan gesels oor ‘Wildekus’

Morné Malan 

Elkeen wat vra, ontvang; elkeen wat soek, vind; vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie. Dit is juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wêreldbeskouing laat nie plek vir wonder nie.

Wanneer Lea se ma sterf, gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou. Hulle Wildekus-wegbreekkans het skaars begin wanneer ʼn groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ʼn versameling voos en vodde woonwaens. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dit is alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ʼn ernstige kopstampery met Lea.

Die volgende oggend is die woonwaens skoonveld. Sy dogter ook. Ná bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hy moet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, ʼn sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.

Morné Malan, skrywer van Wildekus, is in Benoni gebore en behaal in 1992 matriek aan die Hoërskool Brandwag. Ná skool voltooi hy ʼn honneursgraad in drama aan die Universiteit van Pretoria. Sy roman, Suiderkruis, verwerf in 2007 die debuutprys in Sanlam en Insig se Groot Romanwedstryd en word in 2008 uitgegee. Hy voltooi in 2009 ʼn PhD in Engelse letterkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 2010 kom sy komiese roman, Sonbesie, uit. Hy werk tans in bemarking by ʼn internasionale tegnologiemaatskappy.

Wildekus het pas by Lapa Uitgewers verskyn en dit kos R280 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Lizz Meiring het met Morné Malan oor sy roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET MORNE MALAN

Wildekus – Morné Malan in gesprek met Lizz MeiringElkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, kom geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is; sy wêreldbeskouing laat nie plek vir wonder nie. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans om sy verhouding met sy dogter te herbou. Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer 'n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met 'n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in 'n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook. Na bykans vier jaar se gesoek, gee Adam sy weelderige lewe in die stad prys. Hy moet terug Wildekus toe, hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, 'n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.Die komplekse karakters in die boek wek interessante morele vrae op, en daar is 'n effektiewe ineenvlegting van persoonlike soektog en sielkundige raaisel. Die skrywer se sterk skryfwerk word beklemtoon deur uiteenlopende karakterstemme.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378089/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Tuesday, August 17, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.