Video: Nataniël gesels oor ‘107 Kaalkoppe’

Nataniël vier 20 jaar as Kaalkop-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde rubrieke wat van 2012 tot 2021 in Sarie verskyn het.

Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie. Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit ʼn beter tyd vir ʼn boek soos dié nie.

Sedert sy solo-debuut het Nataniël reeds meer as 70 oorspronklike verhoogproduksies aangebied, 15 albums en vyf DVD’s vrygestel en 16 boeke gepubliseer. Hy is hoof van sy produksiemaatskappy Nataniël House of Music, asook Kaalkop Studio. Hy is ook die hoof van die liefdadigheidsorganisasie, The Nataniël Progress Project.

107 Kaalkoppe het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R310 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Phyllis Green het met Nataniël oor sy rubriekbundel gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

  • Twee lesers kan elk ʼn eksemplaar van 107 Kaalkoppe Om in te skryf stuur ʼn e-pos met jou naam, adres en telefoonnommer met die onderwerp NATANIEL na [email protected]. Sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Nataniël is ‘n oulike knap ou maar sjoe, daar is niks so lelik as ‘n mens wat sy kop kaal skeer nie. Skynbaar glo mans hul lyk ewig jonk maar moet by die haarkapper boer vir die blink-gelekte effek. Die haarkappers maak natuurlik ‘n fortuin uit die misverstand… Dit is ook nie net mans wat die mode aankleef nie. Ons onlangse Mej Wêreld het die plan gebruik om anders te probeer lyk en gewen.

Piet Snot ·

Annie, ek skeer al jare my kop: net omdat ek geen ander keuse het nie.
Jy weet wat weer vir my lelik is? Vrouens wat hul vooroordele op ander afdwing, en vry voel om mense daarmee seer te maak.

Patrysie ·

Nou so Lekker geglimlag en gelag vir Nathaniel se pragtige skerp Afrikaans met mooie Afrikaans en humor. Ek se dankie vir mense Soos hy want die lewe is klaar the erinstig en ons kan doen met Nathaniel se praatjies en rubrieke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.