Bekendes en ander dig oor die liefde

Die Liefde Wen-digbundel (Foto: Liefde Wen)

Liefde wen áltyd, meen die sangers Bouwer Bosch en Almero Welgemoed – daarom het dié sangers besluit om ook ʼn digbundel met dié titel, wat bestaan uit 57 gedigte wat handel oor die liefde, saam te stel.

Welgemoed het aan Maroela Media vertel hy met dié idee vorendag gekom met die doel om mense se verskillende definisies van liefde te hoor.

Die gedigte in die Liefde Wen-digbundel is uiteindelik deur middel van ʼn kompetisie gekies. Daar is ook gedigte van onder meer Bosch, Deon Meyer en Deon Meiring in die bundel vervat.

“Ons wou graag vir ‘geheimskrywers’ die kans gee om hul stemme te laat hoor in die Afrikaanse literatuurgemeenskap. Ons wou ook mense se idees oor die liefde hoor en hulle die kans gee om dit met die wêreld te deel. Liefde is wat almal saam bring – en dan saam hou ook,” vertel Welgemoed.

Meer as 700 voornemende digters het hul werk ingestuur waarvan net 57 gekies is. Welgemoed sê dié inskrywings het gekom vanaf jongmense tot onderwysers en sakemanne. “Liefde in die bundel kom in baie vorme voor – van liefde wen tot die verlies daarvan. Van die liefde vir mense tot die liefde vir dinge. Ons mag nie vir ander sê wat liefde beteken nie. Liefde was in elk geval nog altyd mooier as jy dit nie regtig verstaan nie.”

Die digbundel word uitgegee deur die uitgewer Naledi en is beskikbaar by Exclusive Books, PNA, Bargain Books en Wordsworth. Jy kan ook die bundel op die Liefde Wen-webwerf koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karin E Nel ·

So jammer ek het nie eers geweet van hierdie digters kompetisie nie. Op watter media forum het jul dit geadverteer?

susan ·

Dig oor die liefde hoekom dan skei jy kan mos nou nie Griesel se streke uithaal nie? Deon Meyer

Boy van die Suburbs ·

Wat het die Liefde en die Tande Muis in gemeen? Beide bestaan nie! Enige iemand wat nog in die Liefde glo, moet sy/haar kop laat lees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.