Gedig: As die dood kom

Argieffoto (Foto: Ponciano/Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“As die dood kom” deur Bonnie van Heerden  

As die dood voor jou deur staan
en in jou binneste hoop jy hy gaan
As hy aanhoudend waarskuwend klop
want die dood weet – partykeer gee jy op
Ignoreer, bid en hoop beteken niks
Die dood kom, hy kom om uit te wis.

As die dood voor jou deur staan
dan waardeer jy die sterre en die maan
Jy vervul al jou hartsbegeertes
jy klou stywer vas, bang vir die leegtes
As hy kom is al jou herinneringe swart
en al wat hy oorlos vir ander is smart.

As die dood voor jou deur staan
en al wat jy het is jouself wat verstaan
Met joù het ek my vrese gedeel
maar nog steeds het jy jou kanse verspeel
As jy my net meer lief kon hê
Eerder as om die gedagtes af te sê…

As die dood voor jou deur staan
gewilliglik wag vir jou om te taan
Jy probeer jou uurglas weer opvul
met drukkies, woorde en liefde so gul
Bekommernis oor ouer, geliefde en kind
Alles word saamgewaai deur koue wind.

As die dood voor jou deur staan
en as hy nie meer klop nie, maar slaan
As jy weet jou einde is om die draai
en al wat jy kan doen is om vir almal te waai
Dan moet jy jou trane maar sluk
En bly wees jy het dìt geken: Geluk.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.