Gedig: Die wysheid van die grysheid

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die volgende gedig verskyn in Dit is nie ʼn boek nie, ʼn versameling skaterlagrympies deur Jaco Jacobs. Dit word met vergunning van Pan Macmillan Suid-Afrika op Maroela Media gepubliseer.

“Die wysheid van die grysheid” deur Jaco Jacobs

Moet nooit ooit ʼn perdeby
in jou neus opdruk nie.
Moet nooit ooit ʼn renoster
aan sy stert rondpluk nie.
Moet nooit ooit ʼn stoomroller
met een hand probeer stop nie.
Moet nooit ooit jou tande
met ʼn toiletborsel skrop nie.
Moet nie met jou bikini
in ʼn krokodildam duik nie.
Moet nooit ooit ʼn geelslang
vir ʼn springtou gebruik nie.
My ouma het dié dinge
oor die jare self probeer.
Ek is so bly ek en jy
kan uit haar foute leer.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
  • Dit is nie ʼn boek nie kos R300 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.