Gedig: Eendag.

(Foto: Guillaume de Germain/Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Eendag.” deur Molly Lubbinge     

Eendag sal ek sommer net
wegbreek vir ʼn naweek.
Eendag sal ek op-dress
en uitgaan saam die vrouens.
Eendag sal ek hobbies kry,
want dit help glo vir die stres,
ietsie op my aandag af te lei,
my te help vergeet.

Maar nou wil ek stil wees
en op my eie treur.
Nou wil ek sit en kyk
hoe eensaamheid my verteer.
Nou wil ek nét “daaraan” dink –
daardie naam wat niemand mag sê nie.
Ek sal eendag hier opstaan.
Maar nou wil ek net bly lê hier.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.