Annesu de Vos (Geb. 1964)
Here ek dank U
dat die insek sy eier
in die dae van my blommetjie wees
nie gelê het nie
dat my groen vleis in my skil
kan uitbult
vermeerder sonder die vloek
van vrot
bewaar my dan
teen die hael
teen die steek
van die son –
maar bowenal
bewaar dié droom
o Heer:
my moederboom
wat vrugte foutloos fabriseer
Nog altyd, na al die jare, mooi!
Sy mag maar dig.
Verruklik!