Gedig: Klipkinners innie Biedouw

‘n Blommetapyt van magrietjies (foto: Namakwa Toere)

Carl van der Merwe (Geb. 1931)

Deur die Sederberge
Ezelbank en Wupperdal oor,
trap ons innie bos
lê ons spoor.
Oor kop en gat
reën ons op Krakedouw
water-sop-nat.
Maar wat,
dis niks,
die Sondag is ons fiks
om God te loof
in die wonderskone
Biedouw-kloof.
Ons kan oopbek
verwonder
aan die mooiste blomme
daar onder,
wat die aarde bedek het
“toe God se saaisak
hier geil gelek het”.
Trek dié vrolike
skoonheid
diep in en bêre
vir laterse droë droewe
droomtyd …

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.