Gedig: Muskietejag

MozzieCartoon_smallerdeur A.D. Keet

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net ʼn bloedkol bly
Hier op my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plaery
Kon ek nie slaap vir ure.

Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry –
My naam is Van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie kieskeurig nie,
Jy moet tog ééndag sterwe.

Verwekker van malaria
Sing maar jou laaste aria –
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nóg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie…

Hoe sedig sit hy, o, die kring!
Sy kinders kan maar kranse bring,
Nóú gaan die vabond sterwe…
Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer –
My naam is Van der Merwe!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Genade tog, hoe verlang ek nou terug na my laerskool dae! Ons het die gediggie op laerskool geleer.

Anell de Beer ·

Nou wonder ek – is hier al ‘n afdeling waar ons miskien ons gedigte kan plaas – en dat kenners dalk kan se wat hul dink – ‘n hele boek vol gedigte wat vol stof raak in ‘n boek, ek wonder sommer net…

Kobus ·

Dagsê Anell, dis ‘n oulike idee. Ons stuur jou voorstel aan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.