Gedig: Nagreën

Argieffoto (Foto: ptksgc, Pixabay)

WEG Louw (1913 – 1980)

Die reën skuifel deur die straat,
verby my venster, mensverlaat …
Soos ʼn trossie narsings wat verkwyn,
flikker die druppels teen my vensterruit
waar die geel straatlig daardeur skyn;
en voel die wind
met bleek vingers, soos ʼn kind,
aan die swaar gordyn, wat plooi
in die lamplig, teer en droef papawerrooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Sann ·

Dankie vir elke gedig… Dis ‘n seën en ‘n troos om ons taal te lees, wanneer die woorde so netjies, maar kragtig ondermekaar gaan staan. Dis ‘n beskawing wat skaars geraak het…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.