Gedig: Piet, Pieter, Pietste

Argieffoto (Foto: cjhartz169/Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Piet, Pieter, Pietste” deur Marietjie Uys      

Piet, Pieter, Pietste
vir wie is ek die liefste?
Pieter, Pieter Pappegaai
het koggelend my hart verraai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
roep my om met hom te trou
Piet, Piet, Pimpernel
omgekolkte liefdesspel.

Piet, Pieter, Pietste
laat staan maar jou askuuste
Piet, Pieter, Pappegaai
jou woorde stuur ons in ons maai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
wat soek jy in ʼn ander kou?
Piet, Piet, Pimpernel
Die kakelaar het my vertel.

Piet, Pieter, Pietste
Ons ly nog geen verlieste
Piet, Pieter, Pappegaai
ons lewens neem ʼn nuwe draai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
staan voor my met diep berou
Piet, Piet, Pimpernel
hou maar op om jou te kwel.

Piet, Pieter, Pietste
wie maak my nou die viesste?
Piet, Pieter, Pappegaai
die haan het gans te laat gekraai
Piet, Piet, Piet-my-vrou
Kan ek jou ooit weer vertrou?
Piet, Piet, Pimpernel
Jy’t my gans te veel ontstel.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.