Gedig: Plant vir my ʼn boom André

Argieffoto. (Foto: Ulrike Leone/Pixabay)

Ingrid Jonker (1933 – 1965)

plant vir my ʼn akkerboom
sodat ek my gestalte kan herken
en dat die eekhorinkies hul akkers kom begrawe

gee vir my ʼn hond
met pote wat ek kan soen
snags as jy slaap toornig en goed

moenie dat hul my boom afkap nie
ontwortel verguis versplinter nie
gee hom ʼn hemel met blou akkers

maak vir my ʼn oop huis
sodat my vensters die dag mag ontdek
groen of goud of grys maar welgeskape

gee dat my hond my liefhê
laat ek hom te vrete kan gee
as jy slaap verby die sterre en spieëls

van my voorkop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.