Gedig: Retro

(Foto:
Văn Thắng/Pexels.)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Retro” deur Clinton V. du Plessis

By hierdie plaashek
het ek vir jou bly wag,
met knapsak,
presenterige iets en fiets,
kam in die kous,
kruisband en hoed,
met dié in die hand mee gestaan,
soos dit ʼn heer van weleer betaam.

En jy sal weer kom:
jou hare gevleg, jou oë effe klam,
katoenrok wat kleef aan die lyf,
elke sproet op sy plek
en ek, na al hierdie jare, steeds gek
na jou,
sal, soos destyds, weer,
hoed in die hand, pleit
bly hierdie keer, by my,
asseblief.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Natasja ·

Ek hou glad nie van julle nuwe “logo” op die “preview” van julle artikels nie. Lyk baie amateuragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.