Gedig: Sien en nie-sien

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Trienke Laurie (Geb. 1946)

jy kan altemit hoor
met jou skulp-oor
en nie luister met jou hart of binne-oor
maar ʼn kliphart hê

jy kan nie nasê
al sal iemand dit kliphard voorsê
dit wil nie op jou lip kom lê

en jy kan die Woord sien
en dit steeds nie glo
want sien is soms ook nie glo

en blindes praat ʼn eie taal
nie net fyn vat of voel
maar stiltes hang soms soos drade
tasbaar
tussen woorde wat duidelik staan
soos telefoonpale

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.