Uitdrukking: Daar kom dadels van

Skildery van Herman Willem Daendels, goewerneur-generaal van die Nederlands-Oos-Indies deur Raden Saleh (circa 1811–1880) - www.rijksmuseum.nl 

Skildery van Herman Willem Daendels, goewerneur-generaal van die Nederlands-Oos-Indies deur Raden Saleh (circa 1811–1880) – www.rijksmuseum.nl

Uitdrukking:
Daar komo dadels van

Betekenis:
Daar kom niks van nie

Waar kom dit vandaan?
Herman Willem Daendels, gebore in Hattem, Nederland, was in die vroeë 19de eeu tydens Napoleon se besetting van Nederland ʼn generaal in die Franse leër, en is later bevorder tot goewerneur-generaal van Nederlands-Oos-Indië.

Volgens die meeste bronne het hy nie veel vermag nie; daar bestaan byvoorbeeld twyfel of hy die bestuur verbeter en die korrupsie tydens sy bewind verminder het.

Daar is enkele voorkomste van ʼn wisselvorm van sy van, naamlik Daedels, wat moontlik aanleiding gegee het tot die uitdrukking daar kom Da(e)dels van (Toerien 2008)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.