Uitdrukking: Die gemeste kalf slag

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Uitdrukking:
Die gemeste kalf slag.

Betekenis:
ʼn Gebeurtenis luisterryk vier.

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) beteken gemes “vetgemaak”.

Een van die verklarings omtrent hierdie uitdrukking is dat dit ontleen is aan die Bybel uit Lukas 15, waar die verhaal van die verlore seun vertel word: “Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ʼn ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier. (vers 22-24)”

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.