Uitdrukking: Goeie wyn het nie ʼn krans nodig nie

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
Goeie wyn het nie ʼn krans/uithangbord nodig nie.

Betekenis:
Iets wat goed is, hoef nie geprys te word nie.

Waar kom dit vandaan?
Lank gelede is herberge in Europa verplig om ʼn krans uit te hang as teken dat daar wyn getap word. Al het dié verpligting later verval, het sommige herbergiers steeds die gewoonte gevolg. As die wyn in ʼn sekere herberg van hoë kwaliteit was, het reisigers in elk geval daarheen gegaan. So ʼn herberg het dan nie ʼn krans nodig gehad om sy voggies te adverteer nie.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.