Uitdrukking: Iemand die hof maak

Argieffoto (Foto: Hebi B./Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand die hof maak.

Betekenis:
Na iemand vry.

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die Frans faire la cour, waar cour “hulde’ beteken het. Oorspronklik was dit net van toepassing op ʼn howeling wat hulde bring aan sy vors (en daardeur probeer guns verwerf). Later is dit ook op ʼn meisie bedoel, maar dan ook om haar guns te wen.  

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.