Uitdrukking: Iemand het van Koerland se vleis geëet

Argieffoto (Foto: Robin Higgins/Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand het van Koerland se vleis geëet

Betekenis:
Iemand is baie lui.

Waar kom dit vandaan?
Dié uitdrukking het waarskynlik ontstaan na aanleiding van ‘n trekos, Koerland, wat in die 19de eeu in die Boland glo berug was weens sy luiheid, en ‘n oorblyfsel van ‘n ou bygeloof dat die eienskappe van ‘n dier oorgedra kan word op dié wat van die vleis eet. Minder gebruiklike variante van die uitdrukking sluit in het van Koerland geëet (Opgawe uit Wellington, Malmesbury, Darling, Citrusdal, Marico), hy het van ou Koerland geëet (Helderberg, Groot-Drakenstein), hy het ‘n stuk van Koerland se boud in (Louisvale), hy het ‘n groot hap van Koerland opgeëet (sitaat hieronder), hy is dik van Koerland (Malmesbury), ou Koerland sit dik agter sy nek (Huisgenoot, 5 Maart 1954, 31 — opgawe uit Mosselbaai)), Koerland se os het hom beet (Huisgenoot, 11 September 1959, 2 — opgeteken by Aliwal-Noord – Lady Grey langs).

Bronne: WAT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.