Uitdrukking: Kaduks voel

Argieffoto (Foto: congerdesign, Pixabay)

Uitdrukking:
Kaduks voel

Betekenis:
Oud en afgeleef voel

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands kaduuk wat dit uit Frans caduc gekry het. Die oorspronklike Latynse woord caductus het “wat maklik val” beteken; daaruit volg “wankelend, swak”.

Uit die HAT:
ka·duks 

1(a) gedaan; kapot: jou kaduks werk.
(b) (boeg)lam; oor ʼn mik: jou kaduks skrik • jou kaduks val.
2 siek(erig): kaduks voel  jou kaduks (aan iets) eet.

Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT, 6de uitgawe)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.