Uitdrukking:
ʼn man van sesse klaar
Betekenis:
ʼn Bekwame man
Waar kom dit vandaan?
Wanneer die Hollanders van ʼn volmaakte perd praat, is die uitdrukking dat hy van sesse klaar is. Dit beteken dat daar geen fout is met sy ses belangrikste dele nie, te wete die vier pote en die twee oë.