Uitdrukking: Op die Knersvlakte sit

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Uitdrukking:
Op die Knersvlakte sit.

Betekenis:
Moedeloos of in die moeilikheid wees.

Waar kom dit vandaan?
Spreekwoorde en ander segswyses verduidelik dat die uitdrukking “op die Knersvlakte sit” ʼn verwysing is na die droë, kaal, en klipperige streek tussen Vanrhynsdorp en Nuwerus in die noorde van die Wes-Kaap.

Volgens een vertelling is dit afgelei daarvan dat hierdie vlakte so troosteloos dat mens en dier op hulle tande kners.

ʼn Ander verklaring vir die naam is dat daar vroeëre jare baie knegte by die boere was, en dat dit die Knegsvlakte genoem is en “die uitspraak sou mense later laat dink dat die -g- daarin ʼn brei-r verteenwoordig”.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.