Taalgebruik: aankondig, afkondig

Argieffoto (Foto: Gisela Merkuur/Pixabay)

Woorde soos “aankondig” en “afkondig” kan soms verwarrend wees omdat hulle baie na mekaar lyk. Dié twee woorde het egter verskillende betekenisse.

Nuus of nuwighede word aangekondig: Die skoolhoof maak/doen elke Maandag aankondigings vanaf die verhoog, terwyl wette of die noodtoestand afgekondig word [NIE: verklaar/uitgeroep].

aankondig
bekend maak: ʼn nuwe plan/digbundel aankondig Die nuwe blaartjies kondig die lente aan (is ʼn teken dat die lente kom)

afkondig
openbaar maak; aan die publiek bekend maak: ʼn noodtoestand afkondig.

Ook afkondiger: Die meerderheid van die toeskouers was Afrikaans, maar die afkondiger het nie een keer Afrikaans gepraat nie, en afkondiging: die afkondigings voor die aanvang van ʼn opvoering.

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z, Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.