Taalgebruik: e-pos

(Grafika: Tumisu/Pixabay)

Die digitale wêreld het die afgelope dekade bykans ontplof. Dit het tot nuwe terme gelei, waaronder e-pos, e-bankwese, e-winkel, e-boek, e-leer en so meer. In Afrikaans word dié terme met ʼn koppelteken ná die e- geskryf.

Dit is dus “e-pos” en nie “epos” nie, wanneer jy elektronies vir iemand ʼn brief of dokument stuur.

ʼn “Epos” is ʼn verhalende gedig waarin heldedade breedvoerig beskryf word, en dus beslis nie iets wat jy elektronies aan ʼn vriend of kollega wil stuur nie.

E-pos kan ook as ’n soortnaam gebruik word (en dus ’n meervoud kry: e-posse) en as ’n werkwoord, byvoorbeeld Ons sal die rekening aan u e-pos. Die verledetydsvorm is ge-e-pos, byvoorbeeld Ons het die rekening gister aan u ge-e-pos. In teenstelling met ’n verledetydsvorm soos geëet word *geë-pos, nie met ’n deelteken nie.

BRON: HAT Taalgids

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cassie Louw ·

Baie dankie vir hierdie nuttige wenke. Sal dieselfde op die afkorting ‘sms’ van toepassing wees? Ek het ‘n broertjie dood aan die uitdrukking ‘sms ons’ wat veral deur radiopersoneel en in radioreklame gebruik word. Moet dit eerder wees: ‘stuur ‘n sms aan ons’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.