emigreer
jou land verlaat om in ’n ander land te gaan woon
Minder mense emigreer nou na ander lande omdat dit beter met die ekonomie gaan.
immigreer
van ’n ander land kom om jou permanent in ’n land te vestig
Duisende vreemdelinge van verskillende nasionaliteite immigreer na elke land waar diamante ontdek word
Elke jaar immigreer vreemdelinge na ons land.
migreer
’n land/streek/plek verlaat en jou in ’n ander een vestig; verhuis; trek
(t.o.v. diere) Tydelik, of soms permanent, van die gewone woonplek of klimaat na ‘n ander verhuis, dikwels ter wille van weiveld of broeiplek
Baie mense migreer tussen die provinsies op soek na werksgeleenthede.
Die park is die broeiplek vir duisende migrerende watervoëls wat jaarliks daarheen kom om van die Noordelike Halfrond se winter te ontsnap (Tegniek, 22 Julie 1988, 51).
Volgens my is migreer bloot die woord wat immigreer of emigreer kan beteken.
Dit is makliker om te onthou dat ’emigreer’ beteken om weg te beweeg,jy gee pad,(uit ou land)terwyl immigreer beteken om in te beweeg.(in nuwe land).
Ja emigreer -exit
Immigreer-in
Dis hoe ons geleer is